Die eerste uitgawe van Innovasie bevat die vindingrykste idees, konsepte en planne – van die impak van kunsmatige intelligensie op plaasbesluite tot maniere om die ergernis van beurtkrag tot jou voordeel te gebruik. Verdeel in 7 afdelings – algemene bestuur, alternatiewe energie, herlewingslandbou en grondgesondheid, saaiboerdery en meganisasie, tuinbou, water en besproeiing, en vee en jag – sal jy maklik vernuwende planne kan vind om jou te help om aan die voorpunt te vooruitgang te bly. Die beste planne word immers op plaasvlak gebore.
’N EEU VAN PLANNE MAAK
Medewerkers
Landbouweekblad: Innovasie
SYFERS
NUWE TEGNOLOGIE KAN ROOIJAKKALSE SE GEDRAG HELP VERSTAAN
PYN VIR SKELMS, REDDING VIR WATER
GEVORDERDE SENSOR HELP MET OPSTEL VAN GRONDKAARTE
VRUGTEROBOT SKRIK NIE VIR STEIL HELLINGS
‘MARSKARRETJIE’ EN KI WYS PRESIES WAAR BOORDE WATER BENODIG
SONKRAGROBOT SLAAN ’N DUBBELE SLAG
WOL: VAN DIE RUIMTE TOT JOU VEL
GEWASSE SPESIFIEK GETEEL VIR BIOSTIMULANTE NAGEVORS
PROBLEME IN WYN GLOEIEND UITGEWYS
FYN REDIGERING KAN GEWASSE GOUER GENETIES VERBETER
Dié tegnologie is vir boere noodsaaklik • ’n Stuk yster in die grond, ’n hommeltuig wat binne minute oor kilometers in die Karoo kan vlieg, en sagteware wat ’n boerdery se magdom data in bruikbare bestuursinligting omskep … vir elke boer beteken ‘onmisbare tegnologie’ iets anders. Dít is een van die opvallendste gevolgtrekkings uit Innovasie se gesprekke met boere uit verskillende bedrywe en produksiegebiede oor die tegnologie waarsonder hulle nie meer wil boer nie.
Jonges troon uit metplanne • Die wenners in vanjaar se Boereplanne-kompetisie op die Nampo-oesdag by Bothaville het gewys die toekoms van planmakery op die plaas is in goeie, jong hande.
Leë plastiekkanne keer waterskade aan heiningdrade • Vloedwater in slote of kanale waaroor kampheinings gespan is, rig groter skade aan as wat ’n mens besef. Die Bredasdorpse Merino-boer André Christie-Smith het ná twee vloede soveel skade aan drade gehad dat hy ’n eenvoudige, maar doeltreffende plan bedink het: Plastiekkanne onderaan heinings wat deur kanale of laagtes loop wat die heinings outomaties oplig en só skade tot die minimum beperk.
Integreer tegnologie só in jou boerdery • Tegnologie moenie gebruik word bloot omdat dit daar is nie. Dit moet doeltreffendheid op jou plaas verbeter, prosesse glad laat verloop en die impak op die omgewing verminder. Só sê die tegnologie-hoof van die tamatiereus ZZ2.
Naspeurbaarheid: Die nuwe markpaspoort • Wat is naspeurbaarheid? Bloot ’n tegno-modewoord, of die sleutel tot volhoubaarheid nuwe markte, en verbeterde winsgewendheid? Perspektiewe uit die vleis-en veselbedryf bied insig oor hoekom dit ál belangriker raak vir boere om te kan bewys waar hul produkte vandaan kom.
Een toepassing vir naspeuring én BKS-entstof • ’n Toepassing wat die rooivleisbedryfsdienste (RMIS) ontwikkel het as deel van die bedryf se inisiatief om naspeurbaarheid te bevorder, kan nou ook gebruik word om ’n boer se gebruik van bek-en-klouseerentstof aan te teken.
Naspeurbaarheid van vee nou moontlik met IDTrax • IDTrax van SA Stamboek het ontstaan omdat dié instelling die behoefte gesien het vir naspeurbaarheidstelsels op veeplase — van geboorte tot slag — nadat uitbrekings van bek-en-klouseer oor Suid-Afrika heen begin versprei het. Dit was duidelik dat die gaping gevul moes word, en die beplanning vir die stelsel is bespoedig.
Maak die regte keuse vir jou plaas danksy data • BKB is al die afgelope vyf jaar besig met die ontwikkeling van die Decision Support Service-stelsel (DSS), ’n diens wat veeboere help om data tot praktiese bestuursinligting te verwerk.
Bestuur, tegnologie wat beesboere meer geld in die sak bring • Moderne boerderymetodes en...